Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret
Skildery van Jesus Christus uit die Aya Sophia-kerk in Konstantinopel (die huidige Istanboel, 1280)
Gebore8–2 v.C.
Sterf29–36 n.C.
DoodsoorsaakKruisiging
NasionaliteitRomeins
Bekend virStigter van die Christelike religie
Ouer(s)

Jesus van Nasaret (8–2 v.C. tot 29–36 n.C.),[1] ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע (Jesjoea of Jesjoe) is, wat beteken "JHWH red".

Christelike sienings oor Jesus fokus op die geloof dat Jesus die Messias is wie se koms in die Ou Testament van die Bybel voorspel word en dat hy opgestaan het uit die dood. Die meeste Christene glo dat Jesus die verpersoonliking van God is en dat hy gekom het om verlossing en versoening met God te bied. Nie-trinitaristiese Christene erken verskeie ander interpretasies rakende Jesus se goddelikheid.

Jesus het self geen geskrewe werke nagelaat nie en die hoofbronne van inligting rakende Jesus se lewe en sy leerstellings is die vier kanonieke Evangelies van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes en 'n aantal apokriewe skrifte. Meeste geleerdes van geskiedenis van Bybelstudie stem saam dat Jesus 'n Galilese Jood was, dat hy as 'n leraar en 'n geneser beskou was, dat hy deur Johannes die Doper gedoop was en gekruisig was in Jerusalem onder die bevel van die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, na beskuldigings van opruiing teen die Romeinse Ryk.[2][3] Baie min moderne geleerdes glo dat Jesus se bestaan bevraagteken kan word of 'n mite is,[4] terwyl ander geleerdes op teenkanting teen hierdie bewerings fokus.[5]

In Islam word Jesus (oor die algemeen getranslitereer as Isa) as een van God se mees geliefde en belangrikste profete beskou, asook 'n bringer van heilige skrifte, 'n wonderwerker en die Messias. Moslems deel egter nie die Christelike geloof in die kruisiging of die goddelikheid van Jesus nie, maar glo dat Jesus se kruisiging 'n goddelike illusie was en dat hy liggaamlik in die hemel opgeneem is. Uit die Koran: 4:157: "en omdat hulle sê: Ons het die Messias, Jesus, die seun van Maria, die boodskapper van Allah, omgebring ~ en hulle het hom nie gedood nie, en ook nie tot die dood toe gekruisig nie, maar dit het vir hulle gelyk asof dit so is. En hulle wat hieroor verskil, twyfel voorwaar daaraan. Hulle het geen kennis daaromtrent nie, maar volg slegs ’n vermoede, en hulle het hom beslis nie doodgemaak nie." Die meeste Moslems glo ook dat hy na die aarde sal terugkeer saam met die Mahdi, wanneer die aarde met sonde en onreg gevul word met die koms van Islam se Antichris-agtige Dajjal.

  1. Sommige geskiedkundiges en Bybelse akademici wat die geboorte en dood van Jesus in hierdie tydperk plaas, sluit in D. A. Carson, Douglas J. Moo and Leon Morris. An Introduction to the New Testament. Grand Rapids, MI: Zondervan Publishing House, 1992, 54, 56; Michael Grant, Jesus: An Historian's Review of the Gospels, Scribner's, 1977, bl. 71; John P. Meier, A Marginal Jew, Doubleday, 1991–, vol. 1:214; E. P. Sanders, The Historical Figure of Jesus, Penguin Books, 1993, bl. 10–11, en Ben Witherington III, "Primary Sources," Christian History 17 (1998) No. 3:12–20.
  2. Raymond E. Brown, The Death of the Messiah: From Gethsemane to the Grave (New York: Doubleday, Anchor Bible Reference Library 1994), bl. 964; D. A. Carson, et al., bl. 50–56; Shaye J.D. Cohen, From the Maccabees to the Mishnah, Westminster Press, 1987, bl. 78, 93, 105, 108; John Dominic Crossan, The Historical Jesus: The Life of a Mediterranean Jewish Peasant, HarperCollins, 1991, bl. xi – xiii; Michael Grant, bl. 34–35, 78, 166, 200; Paula Fredriksen, Jesus of Nazareth, King of the Jews, Alfred B. Knopf, 1999, bl. 6–7, 105–110, 232–234, 266; John P. Meier, vol. 1:68, 146, 199, 278, 386, 2:726; E.P. Sanders, bl. 12–13; Geza Vermes, Jesus the Jew (Philadelphia: Fortress Press 1973), bl. 37.; Paul L. Maier, In the Fullness of Time, Kregel, 1991, bl. 1, 99, 121, 171; N. T. Wright, The Meaning of Jesus: Two Visions, HarperCollins, 1998, bl. 32, 83, 100–102, 222; Ben Witherington III, bl. 12–20.
  3. Alhoewel baie geskiedkundiges sommige voorbehoudings mag hê rakende die gebruik van die Evangelies vir geskiedkundige rekords, "even the most hesitant, however, will concede that we are probably on safe historical footing" rakende die basiese feite oor Jesus se lewe. Jo Ann H. Moran Cruz and Richard Gerberding, Medieval Worlds: An Introduction to European History Houghton Mifflin Company 2004, bl. 44–45.
  4. Voorbeelde van outeurs wat beweer dat Jesus 'n mite is, is: Thomas L. Thompson, The Messiah Myth: The Near Eastern Roots of Jesus and David (Jonathan Cape, Publisher, 2006); Michael Martin, The Case Against Christianity (Philadelphia: Temple University Press, 1991), 36–72; John Mackinnon Robertson.
  5. Strobel, Lee. The Case for Christ: A Journalist's Personal Investigation of the Evidence for Jesus. Zondervan, 1998. ISBN 0-310-20930-7; Wright, N.T. The Challenge of Jesus: Rediscovering Who Jesus Was and Is. InterVarsity Press, 1999. ISBN 0-8308-2200-3; Dunn, James D.G. The Evidence for Jesus." Westminster John Knox Press, 1985. ISBN 0-664-24698-2

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search